Bophuthatswana

Bophuthatswana
Republic of Bophuthatswana
Repaboleki ya Bophuthatswana
Republiek van Bophuthatswana

1977 – 1994
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Tshwaraganang Lo Dire Pule E Ne
Volkslied: Lefatshe leno la bo-rrarona
Ligging of Bophuthatswana
Ligging of Bophuthatswana
Ligging van Bophuthatswana in Suid-Afrika
Hoofstad Mmabatho
Taal/Tale Tswana, Engels, Afrikaans
Regering Republiek
President Lucas Mangope
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Apartheid
 - Stigting 6 Desember 1977
 - Weer ingelyf in Suid-Afrika 27 April 1994
Oppervlakte
 - 1994 40 000 km2
15 444 sq mi
Bevolking
 - 1994 skatting 2 000 000 
     Digtheid 50 /km² 
129,5 /sq mi
Geldeenheid Suid-Afrikaanse Rand

Bophuthatswana (Tswana vir vergaderplek vir die Tswanavolk), amptelik die Republiek van Bophuthatswana was ’n Bantoestan (tuisland) in die noorde van Suid-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 40 000 vierkante kilometer beslaan en uit sewe ingeslote grondgebiede versprei deur die vorige Suid-Afrikaanse provinsies van die Kaap, Transvaal en Oranje-Vrystaat bestaan. Die hoofstad, Mmabatho, was in ’n gebied aangrensend aan Botswana geleë. Die tuisland was geskep om Tswanasprekende mense te huisves, en in 1983 het dit meer as 1,43 miljoen inwoners gehad.

In 1971 is Bophuthatswana selfregering gegun en onafhanklikheid is op 6 Desember 1977 verklaar, met Opperhoof Lucas Mangope as staatshoof aangestel. Aan die begin van 1994 word hy deur 'n tussentydse regering vervang, en na die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994, word die tuisland by die Republiek van Suid-Afrika tesame met die ander nege tuislande heringelyf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search