Boraks

Boraks
 
Borakskristalle uit Boron, Kalifornië 
Formule Na2B4O5(OH) 4 · 8 H2O  
Kleur Kleurloos tot witgrys 
Streep Wit 
Hardheid 2-2,5 (Mohs) 
Digtheid 1,715 kg/dm3 
Eenheidsel van boraks se kristalstruktuur 
Ruimtegroep B2/b 
Eenheidsel a = 12.2012(2) Å, b = 10.644 Å, c = 11.879 Å

β = 106.617(1) °[1] 

* Lys van minerale
Portaal Geologie

Boraks is 'n mineraal met die chemiese samestelling Na2B4O7.10H2O.[2] Dit is 'n hidraat van natriumdiboraat, of dinatriumtetraboraat.

Die mineraal is 'n evaporiet wat eers in droë meerbeddings in Tibet aangetref is. Dit word ook sinteties uit borate vervaardig wat veral in die suidweste van die VSA gemyn word. Die bekendste myn is in Boron, Kalifornië. Hierdie mynbou is die bron vir die element boor, wat talle toepassings het.

Die mineraal vorm kleurlose deursigtige monokliene kristalle, dog blootgestel aan droë lug kan die hidraat water verloor en oorgaan in 'n ander laer hidraat wat as die mineraal tinkalkoniet bekend is.[3]

  1. "Mindat 722" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019.
  2. Dit word ook as Na2B4O5(OH) 4 · 8 H2O geskryf
  3. "Minerals.net" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search