Bordeaux

Bordeaux

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Nieu-Akwitanië
 Département Gironde
 Koördinate 44°50′N 0°35′W / 44.833°N 0.583°W / 44.833; -0.583
 Stigting 3de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 49,36 vk km
 Hoogte bo seevlak 1–42 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 260 958
 - Bevolkingsdigtheid 5 300/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 363 711
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Pierre Hurmic (EELV)
 Amptelike webwerf bordeaux.fr

Bordeaux (Frans: [bɔʁˈdo], ; Oksitaans-Gaskons: Bordèu, [buɾˈðɛw]; Baskies: Bordele) is 'n hawestad in die suidweste van Frankryk met 'n bevolking van 254 436 (in 2017). Bordeaux is die administratiewe hoofstad van die région (gewes) Nieu-Akwitanië en die département Gironde en die sentrum van die metropolitaanse gebied Arcachon-Bordeaux-Libourne met 'n totale bevolking van 1,25 miljoen. Die inwoners word in Frans Bordelais genoem. Bordeaux is die grootste stad in die département Gironde, die région Akwitanië en die negende grootste in Frankryk. Die stedelike agglomerasie van Bordeaux is die sesde grootste in die land.

Huurfietse buite die moderne wynmuseum Cité du Vin wat in 2016 geopen is. Die museum is deur die Amerikaanse tydskrif National Geographic in 2017 geranglys as die sewende beste museum ter wêreld[1] Die museum se argitektoniese ontwerp, wat deur Anouk Legendre en Nicolas Desmazières behartig is, versinnebeeld die beweging van wyn in 'n glas

Bordeaux is bekend vir sy voortreflike kos en wyn[2] en speel 'n belangrike rol in die internasionale wynboubedryf en -handel as lid van die Great Wine Capitals Global Network. Wynskoue soos Vinexpo en Semaine des primeurs lok deskundiges uit alle wêrelddele. Danksy die plaaslike wingerde het Bordeaux reeds in die Middeleeue, maar veral vanaf sy "goue tydperk" in die 18de eeu internasionale bekendheid verwerf. As die hoofstad van die voormalige provinsie Guyenne (wat grootliks met die huidige gewes Akwitanië ooreenkom) het Bordeaux deel uitgemaak van Gascogne. Die stad is teen die rand van die landskap Landes de Gascogne geleë.

Bordeaux se Lune-hawe is deur Unesco in Junie 2007 as wêrelderfenisgebied gelys.

  1. (fr) "La Cité du Vin" (PDF). 24 Oktober 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 Oktober 2020. Besoek op 6 Oktober 2020.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search