Botswana pula

Botswana se pulamunte

Die pula is sedert 1976 die geldeenheid van Botswana, toe dit die Suid-Afrikaanse rand vervang het. Die ISO-geldeenheidkode is BWP en die algemene notasie is die voorvoegsel P. Die geldeenheid se naam beteken "reën" in Tswana, aangesien reën baie skaars is in Botswana, wat veral deur die Kalahariwoestyn gekenmerk word, en daarom waardevol en 'n seën vir die land en sy mense is.[1][2] Die woord is ook die nasionale leuse van die land. 'n Pula is onderverdeel in 100 thebe wat "skild" in Tswana beteken, en na verdediging verwys.[3] Die benamings is met hul van die publiek gekies.[4]

Banknote in sirkulasie is: 10, 20, 50, 100 en 200 pula. Muntstukke is 5, 10, 25 en 50 thebe; 1, 2 en 5 pula.[5] Die pula is op 23 Augustus 1976 ingevoer, vervolgens bekend as as "Pula Day" en dit het die Suid-Afrikaanse rand gelykstaande vervang.[6]

  1. (en) "Pula currency". Fact Republic. 9 November 2018. Besoek op 9 September 2020.
  2. (en) "History of Botswana Currency | Bank of Botswana". Bank of Botswana. Besoek op 9 September 2020.
  3. (en) Masire, Ketumile (2006). Very brave or very foolish?. Macmillan Botswana. p. 81. ISBN 978-99912-404-8-0.
  4. (en) Standard Chartered Review. Standard Chartered Bank. 1976. p. 9.
  5. (en) "Botswana". Banknote News. 27 November 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 9 September 2020.
  6. (en) "History of Botswana Currency | Bank of Botswana". Bank of Botswana. Besoek op 9 September 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search