Brein

Magnetiese resonansie tomografiese opname van die menslike brein

Die brein (ook bekend as harsings) in gewerwelde diere vorm die middelpunt van die senuweestelsel. Dit bestaan ook uit 'n groot aantal senuweeselle en ander selle wat 'n ondersteunende rol speel. Die brein koördineer, beheer en reguleer verskillende funksies en liggaamsprosesse van 'n organisme.

Daar word ook 'n aantal hormone in die brein vervaardig. Die mens se brein word as uniek beskou. Dit stel die mens in staat tot gevorderde probleemoplossing benewens verbeelding-, taal- en spraakvermoëns.[1] Wetenskaplike studie van die brein word neurowetenskap of neurobiologie genoem.

Die inwendige organe van ons liggaam word deur beenstrukture beskerm, en daarom is dit heeltemal natuurlik dat die brein en die rugmurg, die fynste en gevoeligste van alle organe, in die stewige kas wat deur die skedel en die massiewe ruggraat gevorm word, geplaas is. Die grootharsings maak die grootste deel van die brein uit. Dit is 'n baie sagte, ovaalvormige orgaan. Die gemiddelde massa van 'n man se brein is sowat 1,2 kg en die van 'n vrou 1,1 kg (omtrent 1/50 van die totale massa van die liggaam).

  1. Freudenrich, Craig; Boyd, Robynne (2017). "How Your Brain Works". HowStuffWorks (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 15 November 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search