Bretons

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Bretonners.
Bretons
Brezhoneg 
Uitspraak: [bʁeˈzõːnɛk], [brəhõˈnek]
Gepraat in: Vlag van Frankryk Frankryk 
Gebied: Vlag van Bretagne Bretagne
Totale sprekers: 300 000[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Kelties
  Eiland-Kelties
   Britonies
    Bretons 
Skrifstelsel: Latynse alfabet (Bretonse variant) 
Amptelike status
Amptelike taal in:
Gereguleer deur: Ofis Publik ar Brezhoneg ("Kantoor van Bretons")
Taalkodes
ISO 639-1: br
ISO 639-2: bre
ISO 639-3: bre 
Verspreiding van Bretons

Bretons of Bretoens (Brezhoneg, [bʁe.ˈzõː.nɛk], ) is 'n Eiland-Keltiese taal, wat ondanks die klassifikasie, in Armorika op die vasteland in die weste van Frankryk gepraat word. Die taal stam dan ook nie af van Gallies nie, maar het ontstaan uit Kornies en ander tale op die Britse Eilande. Tydens die Angel-Saksiese invalle in Britannië teen die begin van die 5de eeu vlug 'n groot aantal Kelte onder die leiding van hul monnike en stamhoofde na Armorika. Hulle neem die taal van Cornwall grotendeels mee en vermeng dit met die Kelties wat in Gallië gepraat is.

Die Britoniese gemeenskap rondom die 6de eeu. Kornies en Bretons is nou verwant

'n Persoon wat Bretons praat is voorheen in Frans "bretonnante" genoem, maar in die afgelope aantal jare het die term "brittophone", sy verskyning gemaak en word dit soms gebruik. Bretons word hoofsaaklik in die Weste van Bretagne gepraat (begrens deur 'n lyn tussen Saint Brieuc in die Noorde en Vannes (Bretons: Gwened) in die Suide). Sprekers in Bretagne kan in twee gedeel word: Die wat Bretons praat in Neder-Bretagne (Bretons: Breizh Izel) en die wat Gallo praat in Opper-Bretagne (Bretons: Breizh Uhel). Gallo is 'n klein taal wat van Latyn afstam, en dus Romaans is en nie Keltiese nie, net soos Frans.

Bretons was die taal van die elite tot die 12de eeu, waarna die adel, na hulle mening stylvoller Frans, as standaardtaal verkies. As geskrewe taal word in Bretagne, wat tot die 16de eeu steeds 'n sekere mate van onafhanklikheid geniet, Latyn gebruik, vanaf die 15de eeu wen Frans egter ook op die terrein.

Daar bestaan tans 'n mate van omstredenheid tussen ondersteuners van die Bretonse omgangstaal (Frans: Breton populaire) en ondersteuners van 'n verenigde of standaardtaal.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Breton" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 22 Maart 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search