Brokeback Mountain

Brokeback Mountain
Regisseur Ang Lee
Produksieleier Diana Ossana
James Schamus
Draaiboek Larry McMurtry
Diana Ossana
Met Heath Ledger
Jake Gyllenhaal
Anne Hathaway
Michelle Williams
Musiek deur Gustavo Santaolalla
Kinematografie Rodrigo Prieto
Redigeerder Geraldine Peroni
Dylan Tichenor
Ateljee River Road Entertainment
Verspreider Focus Features
Uitgereik 2005
Speeltyd 134 min.
Land VSA, Kanada
Taal Engels
IMDb-profiel

Brokeback Mountain is ’n Amerikaanse romantiese dramarolprent van 2005 wat deur Ang Lee geregisseer is. Dit is geskoei op die 1997-kortverhaal met dieselfde naam deur Annie Proulx. Heath Ledger, Jake Gyllenhaal, Anne Hathaway en Michelle Williams is van die akteurs. Die verhaal gaan oor ’n ingewikkelde emosionele en seksuele verhouding tussen Ledger en Gyllenhaal se karakters in die Weste van 1963 tot 1983.[1]

Brokeback Mountain het goeie resensies gekry en was ’n kommersiële sukses. Dit het verskeie pryse gewen, onder meer die Goue Leeu op die Venesiese Rolprentfees en ’n paar Golden Globes. Dit is vir agt Oscars benoem, die meeste op die 78ste Oscar-toekenningsaand, en het drie gewen.

  1. Proulx, Annie; McMurtry, Larry; Ossana, Diana (2005, 2006). Brokeback Mountain: Story to Screenplay. Londen, New York, Toronto en Sydney: Harper Perennial. ISBN 978-0-00-723430-1.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search