Bruin mense

Bruin mense

’n Bruin familie in Suid-Afrika met wortels in Kaapstad, Kimberley en Pretoria.
Totale bevolking: ~ 6 285 300[1]
Belangrike bevolkings  in: Suid-Afrika (Wes-Kaap en Noord-Kaap), Namibië, Zimbabwe

Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 5 074 300[2]
Vlag van Namibië Namibië 224 000[1]
Vlag van Angola Angola 212 000[1]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 148 000[1]
Vlag van Demokratiese Republiek die Kongo DR Kongo 130 000[1]
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 75 000[1]
Vlag van Frankryk Frankryk 64 000[1]
Vlag van Ghana Ghana 60 000[1]
Vlag van Ekwatoriaal-Guinee Ekwatoriaal-Guinee 19 000[1]
Flag of eSwatini Eswatini 16 000[1]
Vlag van Botswana Botswana 12 000[1]
Vlag van Tanzanië Tanzanië 11 000[1]
Vlag van Kenia Kenia 8 500[1]
Vlag van Zambië Zambië 7 400[1]
Vlag van Togo Togo 2 800[1]
Vlag van Benin Benin 2 100[1]
Vlag van Lesotho Lesotho 1 100[1]

Taal: Afrikaans (75%) en Engels (25%)
Geloofsoortuiging: Christene (Protestante) (90%), Moslem (<5%)[3]
Verwante etniese groepe: Afrikaners, Kaapse Maleiers, Khoikhoi, Xhosas, Griekwas, Oorlam

Bruin mense is 'n term wat verwys na 'n heterogene etniese groep van veral Suid-Afrika wat wit sowel as swart voorouers het.

Hulle vorm die grootste deel van die Wes-Kaapse en Noord-Kaapse bevolking. Die meeste is bruin Afrikaners en maak deel uit van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap, terwyl ongeveer 10 persent Engels as moedertaal het, meesal in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Vanweë Suid-Afrika se geskiedenis van rassediskriminasie word die woord Kleurlinge deur baie mense as neerhalend beskou. Die term "bruin mense" word deesdae meesal gebruik. Baie bruin mense verkies ook om hulself "swart", "Khoisan" of slegs "Suid-Afrikaners" te noem.

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 1,16 "The Coloured people group are reported in 17 countries" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2017. Besoek op 22 Augustus 2019.
  2. "P0302 – Mid-year population estimates, 2018". Statistiek Suid-Afrika (in Engels). 23 Julie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 22 Augustus 2019.
  3. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2008. Besoek op 7 Junie 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search