Bruto nasionale produk

Bruto Nasionale Inkomste in Amerikaanse dollar per jaar vir Suid Afrika (Bron:Wêreldbank)

Die bruto nasionale produk (BNP) van 'n land is 'n maatstaf in die Ekonomie van die grootte van dié gebied se ekonomie. In die wêreld het die VSA by verre die grootste BNP. Suid-Afrika het rofweg die twintigste grootste BNP (in 2004) indien 'n mens wisselkoerse teen koopkragpariteit verreken.

Die bruto nasionale inkomste (BNI) is die totale plaaslike en buitelandse produksie wat deur inwoners van 'n land geëis word, bestaande uit bruto binnelandse produk (BBP), plus inkomste verdien deur buitelandse inwoners, minus inkomste verdien in die binnelandse ekonomie deur nie-inwoners.[1] Die vergelyking van die BNI met die BBP toon aan in watter mate die BBP van 'n land plaaslike of internasionale aktiwiteite verteenwoordig. BNI het BNP geleidelik in internasionale statistieke vervang.[2][3] Alhoewel dit konseptueel identies is, word dit anders bereken.[4]

In 2004 was Suid-Afrika se BNI per capita $3 720. Dit het 'n hoogtepunt van $7 570 in 2012 bereik en het sedertdien afgeneem en 'n laagtepunt van $5 410 in 2017 bereik. In 2019 was dit $6 040.[5] Dit plaas Suid-Afrika in 92de plek uit 192 lande in terme van BNI per capita.

In BNI-terme is die VSA slegs in die 6de plek met $65 760 per capita, terwyl Liechtenstein die hoogste BNI per capita het, $116 430.[5]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Todaro
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nominal
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ppp
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Eurostat
  5. 5,0 5,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Data

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search