Buffalo, New York

Buffalo, NY

Kaart Seël
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat New York
 County Erie County
 Koördinate 42°54′N 78°50′W / 42.900°N 78.833°W / 42.900; -78.833
 Stigting 1801
 Inkorporasie 1832
 Oppervlakte:  
 - Totaal 136 vk km
 Hoogte bo seevlak 183 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Julie 2010) 261 310
 - Bevolkingsdigtheid 2 568,8/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 135 109
 - Combined statistical area (CSA) 1 203 997
 Tydsone EST (UTC -5)
Somertyd: EDT (UTC -4)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -4,7 / 21,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 904 mm
 Burgemeester Byron Brown (D)
 Amptelike Webwerf buffalo.com

Buffalo is 'n stad in die weste van die Amerikaanse deelstaat New York met 'n oppervlak van 136 vierkante kilometer en 'n bevolking van 261 310 (soos op 1 Julie 2010). Buffalo is die tweede grootste stad in die deelstaat na New York en die administratiewe setel van die Erie-distrik. Die stad is ook die ekonomiese en kulturele sentrum van die Buffalo-Niagara-streek, 'n metropolitaanse gebied met meer as 1,2 miljoen inwoners. Buffalo word soms ook by die Goue Hoefyster gereken, 'n Kanadees-Amerikaanse metropolitaanse gebied met meer as 9,7 miljoen inwoners. Die stad het ook nou ekonomiese bande met die Quebecstad-Windsor-korridor.

Buffalo lê aan die oostelike oewer van die Eriemeer en aan die suidelike boloop van die Niagararivier, wat die Erie- met die Ontariomeer verbind. Die eerste Europees-Amerikaanse setlaars het hulle hier in die laat 18de eeu gevestig. Die stad het tot by die bou van die Eriekanaal sowat veertig jaar later net 'n stadige groei ervaar. As die kanaal se westelike eindpunt het Buffalo tot by die vroeë 20ste eeu tot een van die belangrikste nywerheidsentrums van die Verenigde State en sy grootste binnehawe ontwikkel. Met die opening van die nuwe Welland-kanaal en die Sint-Laurens-waterweg het die stad teen die middel van die 20ste eeu sy belangrike funksie as uitvoerhawe en nywerheidsentrum ingeboet. Die proses van deïndustrialisering het sedert die 1950's gepaard gegaan met 'n voortdurende bevolkingsafname.

Vandag ontwikkel Buffalo tot 'n kulturele, finansiële, opvoedkundige en mediese sentrum.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search