Buffalopark

Buffalopark
Ligging Oos-Londen, Suid-Afrika
Koördinate 33°0′24.14″S 27°55′09.72″O / 33.0067056°S 27.9193667°O / -33.0067056; 27.9193667
Kapasiteit 15 000
Oppervlak Gras
Konstruksie
Huurders

Buffalopark is 'n krieketstadion in Oos-Londen, Suid-Afrika. Dit is een van die tuisvelde van die Warriors-krieketspan (voorheen die Grens-krieketspan). Die stadion kan tot 15 000 toeskouers huisves.

'n Enkele toetswedstryd is vanaf 18 tot 21 Oktober 2002 hier aangebied (Suid-Afrika teen Bangladesj). Daar is egter reeds verskeie internasionale eendagwedstryde hier gespeel.[1] Buffalopark is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir drie wedstryde ingespan.

Die stadion was voorheen as die Mercedes-Benz Park bekend, danksy 'n borgskap deur dié Duits-Suid-Afrikaanse motorvervaardiger.

  1. "Buffalo Park" (in Engels). ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 5 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search