Burgenland

Burgenland
Gradišće
Felsőőrvidék
Landsvlag Landswapen
(Besonderhede) (Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits, Burgenland-Kroaties, Hongaars
Hoofstad: Eisenstadt
Stigting: 1921
Oppervlakte: 3 965,2 km² (7de)
Bevolking: 294 436[1] (9de) (1 Januarie 2020)
Bevolkingsdigtheid: 74 inwoners / km² (7de)
Buitelanders: 8,6 %[2] (2018)
Volkslied (Landeshymne): Mein Heimatvolk,
mein Heimatland
ISO 3166-2: AT-1
Amptelike webwerf: www.bgld.gv.at
Politiek
Eerste minister (Landeshauptmann): Hans Peter Doskozil (SPÖ)
(sedert 28 Februarie 2019)
Regerende partye: SPÖ
Setels in die parlement (Landtag)
(36 setels) (2015: 36 setels):
SPÖ 19 (2015: 15)
ÖVP 11 (11)
FPÖ 4 (6)
Die Grünen – Die grüne Alternative 2 (2)
Laaste verkiesing: 26 Januarie 2020
Volgende verkiesing: 2025
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 3
Kaart

Burgenland (Burgenland-Kroaties: Gradišće, Hongaars: Felsőőrvidék, Őrvidék of Lajtabánság) is 'n deelstaat van Oostenryk. Eisenstadt is die hoofstad en met 'n bevolking van 14 637 (soos op 1 Januarie 2019) ook die grootste nedersetting van Burgenland.

Sononder in Januarie in Loipersdorf. Burgenland is 'n historiese grensland, maar ook 'n streek met baie kleure
Die vuurtoring van Podersdorf am See, Neusiedlermeer

Burgenland is die mees oostelike van Oostenryk se nege deelstate en, volgens sy inwonertal, ook die kleinste. Die gebied, wat histories as Duits-Wes-Hongarye bekendgestaan het, het vroeër deel uitgemaak van die Koninkryk Hongarye. Volgens die bepalings van die Verdrag van Trianon, wat in 1920 onderteken is, het Hongarye dit aan die nuutgestigte Republiek Oostenryk afgestaan. In 1921 is die gebied hernoem tot Burgenland.

Burgenland grens in die noorde aan die Pressburger Land, 'n streek in Slowakye; in die ooste aan die Hongaarse komitate (administratiewe geweste) Győr-Moson-Sopron en Vas; in die suide aan die Sloweense munisipaliteite Kuzma en Rogašovci en in die weste an die Oostenrykse deelstate Stiermarke en Neder-Oostenryk.

Burgenland, wat in die oorgangsgebied tussen die Alpe en die Pannoniese Laagvlakte geleë is, word deur twee groot landskapsvome oorheers – die Neusiedlermeer in die noorde en uitlopers van die Alpe-bergreeks in die suidelike heuwelland. Die deelstaat is 'n lang en smal strook land wat naby Sieggraben in die Ödenburg-bergreeks slegs 4 km wyd is.

Burgenland was en is in baie opsigte 'n grensland. Eeue lank was dit 'n omstrede streek waarop sowel die Heilige Romeinse Ryk asook Hongarye aanspraak gemaak het. Later, nadat die Ystergordyn in die laat 1940's geval het, was Burgenland 'n afgeleë grensstreek in die suidooste van Wes-Europa wat min belangstelling by beleggers gewek het. So was die deelstaat nog tot in die 1970's die armehuis van Oostenryk. Maar ook geologiese, botaniese, dierkundige en klimatiese besonderhede maak van Burgenland 'n grens- en oorgangsgebied.

  1. (de) Statistik Austria – Bevölkerung zu Jahresbeginn 2002–2020 nach Gemeinden (Gebietsstand 1.1.2020)
  2. (de) Anteil der Ausländer an der Bevölkerung in Österreich nach Bundesländern zu Jahresbeginn 2018

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search