Buskruit

'n Indiese buskruithoring uit die 17de eeu.

Buskruit is 'n soort kruit wat in die 9de eeu uitgevind is en was bykans die enigste aandryfmiddel en plofstof tot en met die 19de eeu. Aangesien die verbrandingsprodukte uit ongeveer 60% soliede partikels bestaan wat geneig is om geweerlope te verstop, is dit vervang met ander stowwe soos rooklose kruite en dinamiet. Dit word vandag steeds vervaardig hoofsaaklik vir gebruik in vuurwerke, modelvuurpyl-motors en vir reproduksies van voorlaaiers.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search