Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is 'n maatskappy sonder winsoogmerk wat homself te doel stel om bekostigbare Bybels aan alle Suid-Afrikaners, in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel. Die genootskap is 'n volle lid van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe, 'n wêreldwye netwerk wat in meer as 240 lande en gebiede werksaam is. Hulle hoofkantoor is in Bellville, met vyf streekkantore in Kaapstad, Bloemfontein, Durban, Kempton Park en Port Elizabeth. Hulle publikasieprogram word deur geldinsameling befonds en sluit die vertaling, produksie en verspreiding van Bybels in.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search