Calakmul

Antieke Majastad en beskermde tropiese woude van Calakmul, Campeche*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Struktuur I
Ligging van Calakmul op 'n kaart (Meksiko)
Calakmul
Calakmul
Ligging van Calakmul in Meksiko
Koördinate: 18°07′21″N 89°47′00″W / 18.12250°N 89.78333°W / 18.12250; -89.78333
Lande Vlag van Meksiko Meksiko
Tipe Verskeie
Kriteria i, ii, iii, iv, vi, ix, x
Verwysings 1061
Streek Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2002  (26ste Sessie)
Uitbreidings 2014
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Calakmul of Kalakmul is 'n argeologiese terrein in die Meksikaanse deelstaat Campeche, wat in die reënwoude van die Yucatán-skiereiland net noord van die grens tot Guatemala geleë is. Calakmul was tydens die klassieke tydperk saam met El Mirador en Tikal een van die grootste en magtigste Majastede. Die historiese naam van die stad was „Chan“ (tschan), wat "slang" beteken. Die stad het 'n groot gebied oorheers, wat "koninkryk van die slange" genoem is.[1]

Majahiëroglief van Calakmul
Struktuur II, een van die grootste geboue van die Majas
Stele 51, dateer op 731 n.C., vertoon Yuknoom Took' K'awiil[2]

Die geskatte bevolking van Calakmul is 50 000. Die geskiedenis van die klassieke Majatydperk was gekenmerk deur die intensiewe wedywering tussen Calakmul en Tikal.

Calacmul is in 1931 deur Cyrus L. Lundell herontdek en is in 2002 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. In 2014 is die wêrelderfenisgebied uitgebrei en omvat nou ook die omliggende reënwoud.

  1. (en) Charles C. Mann: 1491: New Revelations of the Americas Before Columbus. Knopf, 2005 ISBN 1-4000-3205-9.
  2. (en) Martin, Simon; Nikolai Grube (2000). Chronicle of the Maya Kings and Queens: Deciphering the Dynasties of the Ancient Maya. London and New York: Thames & Hudson. p. 113. ISBN 0-500-05103-8. OCLC 47358325.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search