Camargue

'n Geografiese kaart van Camargue

Camargue is 'n streek en natuurbewaringsgebied suid van Arles (Frankryk), tussen die Middellandse See en die twee takriviere van die Rhône-delta, die Grand Rhône in die ooste en die Petit Rhône in die weste. Camargue staan bekend vir sy ongerepte natuurskoon – dit is een van die grootste natuurlike habitats van seevoëls in Europa en ook die habitat van die beroemde wit perde.[1]

Soutontginning, vissery, landbou, veeteelt en toerisme dien as ekonomiese basis. In administratiewe opsig maak Camargue deel uit van Arles en Les-Saintes-Maries-de-la-Mer in die département Bouches-du-Rhône. 'n Uitloper van Camargue se vleie, Petite Camargue, lê in die département Gard.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search