Carrickfergus

Carrickfergus


Carraig Fhearghais (Iers-Gaelies)
Carrick of Craigfergus (Skots)
Dorp
Die Normandiese Carrickfergus-kasteel teen sononder
Die Normandiese Carrickfergus-kasteel teen sononder
Carrickfergus is in Noord-Ierland
Carrickfergus
Carrickfergus
Koördinate: 54°42′58″N 5°48′11″W / 54.71611°N 5.80306°W / 54.71611; -5.80306
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK)Noord-Ierland
CountyAntrim
DistrikMid and East Antrim
Oppervlak
 • Totaal12,242 km2 (4,727 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal27 903
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
BT38
Skakelkodes028

Carrickfergus (afgelei van die Ierse Carraig Fhearghais "Fergus se rots"), in die omgangstaal dikwels kort Carrick genoem, is 'n groot nedersetting in die Noord-Ierse graafskap Antrim. Dit is aan die noordoewer van die see-inham Belfast Lough en sowat 11 myl (18 km) noordoos van Belfast geleë. Sy bevolking is in die sensus van 2011 as 27 903 bepaal. Carrickfergus maak deel uit van die Metropolitaanse Gebied van Belfast (Belfast Metropolitan Area).

Carrickfergus-kasteel teen die agtergrond van Belfast Lough se metaalgrys water
Carrickfergus-kasteel is van Middeleeuse meubilering en lewensgroot figure soos hierdie Normandiese kruisboogskutter voorsien wat geskiedenis ervaarbaar maak vir besoekers
King John's Rest Room
Marching Season, die tydperk van Protestantse optogte

Carrickfergus is nie net die oudste nedersetting in die graafskap Antrim nie, maar ook een van die oudstes op die hele eiland Ierland. Die dorp word oorheers deur Carrickfergus-kasteel, 'n Normandiese vesting waarvan die oudste deel in die 12de eeu deur John de Courcy gebou en in die volgende eeue in tien fases uitgebrei is. Die vesting het oorspronklik deel uitgemaak van 'n hele netwerk van Normandiese vestings in Ulster en word tans as die oudste en bes bewaarde Normandiese sitadel in Ierland beskou.[1] Tot in 1929 is in Carrickfergus-kasteel militêre personeel gehuisves.[2]

Voordat dit in 2015 by die Distriksraad van Middel- en Oos-Antrim (Mid and East Antrim District Council) ingesluit is, het Carrickfergus as administratiewe setel vir die Carrickfergus Borough Council gedien. Dit vorm daarnaas ook 'n townland met 'n oppervlakte van 65 akkers, 'n civil parish en 'n baronie.

Die Britse adelstitel "baron Carrickfergus", wat in 1883 met die laaste draer uitgestorwe is, is aan prins William toegeken ter geleentheid van sy huwelik met Catherine Middleton in 2011. Catherine mag die titel "baroness Carrickfergus" gebruik.

  1. www.discovernorthernireland.com: Carrickfergus. Besoek op 3 Maart 2017
  2. Rowan McLaughlin & James Lyttleton: An Archaeology of Northern Ireland 1600-1650. Belfast: Department for Communities 2017, bl. 31

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search