Cetshwayo

Cetshwayo
Koning van die Zoeloenasie
Foto van Cetshwayo, c. 1875
Dinastie Huis van die Zoeloe
Bewind 1872–1879, 1883–1884
Volle naam Cetshwayo kaMpande
Gebore ~1826
Gesterf 8 Februarie 1884
Voorganger Mpande
Opvolger Dinuzulu
Kinders Dinuzulu
Vader Mpande

Cetshwayo kaMpande (circa 18268 Februarie 1884) was die koning van die Zoeloenasie van 1872 tot 1879 en die leier van die Zoeloes tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog.[1] Sy naam is ook getranslitereer as Cetawayo, Cetewayo, Cetywajo en Ketchwayo en is Zoeloe vir "die belasterde een". Cetshwayo word beskou as die laaste koning van 'n onafhanklike Zoeloenasie. Tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog van 1879 het die Britse Ryk 'n vernederende nederlaag in die Slag van Isandlwana gelei en is die reputasie van die Zoeloes as krygers wêreldwyd gevestig. Die Britte se uiteindelike oorwinning oor die Zoeloes later daardie jaar by Ulundi het egter in praktyk ook 'n einde gebring aan enige werklike weerstand teen wit oorheersing in Suid-Afrika.[2] Cetshwayo is na Kaapstad verban. Kort voor sy dood is hy toegelaat om na sy geboortegrond terug te keer.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Great Events from History: The 19th Century Geargiveer 19 Februarie 2007 op Wayback Machine January 22-August, 1879: Zulu War Geargiveer 19 Oktober 2006 op Wayback Machine, besoek op 25 Februarie 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search