Chafra

Chafra
Chefren, Soephis II, Saophis
Standbeeld van Chafra, nou in die Egiptiese Museum in Kaïro.
Standbeeld van Chafra, nou in die Egiptiese Museum in Kaïro.
Farao van die 4de Dinastie
Periode 26 jaar, omstreeks 2570 v.C.[1]
Voorganger Djedefre
Opvolger Bicheris (?), Menkaoere
Vader Choefoe
Monumente Piramide van Chafra
Chafra in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
wsrib
Nebty-naam
G16
wsrm
Goue Horus-naam
G8
sxm G5
nbw
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
raxa
f
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Chafra (ook Chefren, Engels: Khafra) was ’n Egiptiese farao van die 4de Dinastie tydens ’n tydperk wat bekend is as die Ou Ryk. Hy was die seun van Choefoe en die opvolger van Djedefre.

Volgens die antieke historikus Manetho is Chafra deur Bicheris opgevolg, maar argeologiese getuienis dui daarop dat Menkaoere eerder sy opvolger was. Chafra het die tweede grootste piramide van Giza laat bou. Sommige Egiptoloë beskou hom ook as die oprigter van die Groot Sfinks van Giza, maar dit word betwis. Daar is nie veel oor Chafra bekend nie, behalwe die historiese verslae van Herodotus, wat hom beskryf as ’n wrede ketter wat Egiptiese tempels gesluit gehou het nadat Choefoe die ingange laat verseël het.

  1. Thomas Schneider: Lexikon der Pharaonen. Albatros, Düsseldorf 2002, ISBN 3-491-96053-3, page 102.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search