Chamonix-Mont-Blanc

Chamonix-Mont-Blanc
Die Chamonixvallei, soos gesien vanuit die suide
Die Chamonixvallei, soos gesien vanuit die suide
Wapen van Chamonix-Mont-Blanc
Wapen
Chamonix-Mont-Blanc is in Frankryk
Chamonix-Mont-Blanc
Chamonix-Mont-Blanc
Koördinate: 45°55′23″N 6°52′11″O / 45.92306°N 6.86972°O / 45.92306; 6.86972Koördinate: 45°55′23″N 6°52′11″O / 45.92306°N 6.86972°O / 45.92306; 6.86972
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Auvergne-Rhône-Alpes
Département Haute-Savoie
ArrondissementBonneville
KantonChamonix-Mont-Blanc
Regering
 • BurgemeesterÉric Fournier
Oppervlak
 • Totaal245,46 km2 (94,77 vk. myl)
Hoogte
995–4 810 m (3 264–15 780 ft)
Bevolking
 • Totaal8 640
 • Digtheid35/km2 (91/vk. myl)
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Poskode
74056/74400
Skakelkodes07010
Webwerfchamonix.fr

Chamonix-Mont-Blanc (Frans: [ʃamɔni mɔ̃ blɑ̃]; dikwels kort Chamonix, Frankoprovensaals: Chamônix) is 'n internasionaal bekende skioord en die kosmopolitiese sentrum van Bergklim in Frankryk. Die dorp met 8 640 inwoners (wat in Frans "Chamoniards" genoem word) in die département Haute-Savoie (administratiewe gewes Rhône-Alpes) was in 1924 die gasheerstad van die eerste Olimpiese Winterspele.

'n Panoramiese uitsig oor die Chamonixvallei

Chamonix (afgelei van die Latynse campus munitus) was oorspronklik net die naam van die vallei (terwyl die dorp self as Prieuré of Bourg bekend gestaan het), en die vroegste historiese verwysings na die gebied dateer uit die jare 1229 (Chammonis) en 1236 (Chamonix).

Chamonix-Mont-Blanc is 'n gewilde toeristebestemming, en die Chamonixvallei lok in die somer meer as 100 000 en in die besige skiseisoen gedurende die winter dikwels meer as 60 000 besoekers per dag. Die jaarlikse aantal toeriste bereik sowat vyf miljoen. Die dorp het 'n lang tradisie as skioord en spog met eersterangse wintersportfasiliteite.

Die Mont Blanc-tonnel met 'n lengte van 11,6 kilometer, wat Frankryk met Italië verbind, lê naby Chamonix.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search