Cherokee ᏣᎳᎩ ᎦᏬᏂᎯᏍᏗ, Tsalagi Gawonihisdi | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [dʒalaˈɡî ɡawónihisˈdî] | |
Gepraat in: | Verenigde State | |
Totale sprekers: | 12 300[1] | |
Taalfamilie: | Irokees Cherokee | |
Skrifstelsel: | Cherokee-sillabeskrif, Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Eastern Band of Cherokee Indians in Noord-Carolina Cherokeenasie[2][3][4] van Oklahoma | |
Gereguleer deur: | United Keetoowah Band Department of Language, History, & Culture; Council of the Cherokee Nation | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | chr | |
ISO 639-3: | chr | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Cherokee (ᏣᎳᎩ ᎦᏬᏂᎯᏍᏗ, Tsalagi Gawonihisdi, [dʒalaˈɡî ɡawónihisˈdî]) is die enigste van die Irokese tale wat nog gebesig word, met 12 300 sprekers in die Amerikaanse deelstate Oklahoma,[5] Noord-Carolina,[6] Arkansas[7] en Kalifornië. Cherokee word deur die Cherokee-Indiane gepraat. Die oorspronklike naam van hierdie taal was Aniyunwiya, die huidige naam Tsalagi is van die Engelse term Cherokee afgelei, wat eens na die Irokese verwys het.
Cherokee is 'n polisintetiese taal met 'n onderwerp-voorwerp-werkwoord-volgorde en word met die unieke Cherokee-sillabeskrif, wat deur die bekende Sequoyah in die laat 1810's en vroeë 1820's ontwerp is, geskryf. Hedendaags is die meeste Cherokee tweetalig met Engels as tweede taal. Die Unesco beskou Cherokee as 'n bedreigde taal.
Dit is die inheemse taal van die Amerikas waarin die meeste literatuur, insluitende die Bybelse Nuwe Testament en Psalms, gepubliseer is. Die Cherokee Phoenix (ᏣᎳᎩ ᏧᎴᎯᏌᏅᎯ, Tsalagi Tsulehisanvhi) is die eerste koerant wat deur inheemse Amerikaners in die Verenigde State gepubliseer is en die eerste wat in 'n inheemse Amerikaanse taal uitgegee is.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search