Chirurgie

'n Operasiesaal met 'n skanderingsmasjien

Die woord chirurgie is afkomstig van die Griekse woorde cheir en ergon, wat onderskeidelik "hand" en "arbeid" beteken. Die woord chirurgie dui op die afdeling van die mediese wetenskap wat dit ten doel het om die pasiënt se ongesteldhede te genees deur ongesonde of beskadigde liggaamsdele of organe te verwyder of om rekonstruksies aan te bring sodat funksionering kan verbeter of algehele herstel kan intree.

Deur die toepassing van chirurgie kan sommige afgeleefde organe deur kunsmatige organe vervang word. Die genesing van ʼn pasiënt word dus deur die uitvoering van 'n operasie bewerkstellig. Operasies word in spesiaal ontwerpte operasiesale en onder streng steriele toestande uitgevoer. Spanwerk speel 'n uiters belangrike rol by die uitvoering van 'n operasie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search