Chlorofil

Chlorofil in blaar
Gedurende fotosintese word lig geabsorbeer, ATP word gegenereer en glukose word vervaardig. Chlorofil in die chloroplaste absorbeer liggolwe en help om suurstof te produseer.

Die son verdryf die skemer van die vroeë oggend en die eerste strale skyn op 'n blaartjie hoog bo in 'n boom. Hier, in hierdie klein blaartjie, word 'n lewensproses aan die gang gesit wat ingewikkeld en wonderlik is. As ons hierdie blaartjie alleen in aanmerking neem, is die proses onbeduidend, maar dit is die somtotaal van die bedrywighede van ontelbare miljoene blare wat die lewe op aarde moontlik maak. Die sleutel tot hierdie aktiwiteit is chlorofil.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search