Christchurch (Engels) Ōtautahi (Maori) | |
---|---|
![]() | |
Bynaam: The Garden City | |
Leuse: Fide Condita Fructu Beata Spe Fortis[1] ("Gestig in geloof, ryk in die vervulling daarvan, sterk in hoop op die toekoms") | |
Ligging | |
![]() | |
Vlag en wapen | |
![]() |
![]() |
Basiese gegewens | |
Stigting: | 1848 (Europeërs) |
Stadstatus: | 1856 |
Bevolking: | 396 200[2] (Junie 2023) |
Oppervlakte: | 1 415,15 km²[3] |
Bevolkingsdigtheid: | 280/km² |
Gemiddelde inkomste: | NZ$51 675 miljard[4] (Canterbury-streek, 2024) |
Per kapita: | NZ$74 772[5] (Canterbury-streek, 2024) |
Geografiese ligging: | 43°32′S 172°38′O / 43.533°S 172.633°O |
Tydsone: | UTC +12 (NZST) |
Somertyd: | UTC +13 (NZDT) |
Amptelike webwerf: | ccc.govt.nz |
Administratiewe verdeling | |
Land: | ![]() |
Eiland: | Suideiland |
Streek: | Canterbury |
Burgemeester: | Phil Mauger (O) |
Christchurch (Engels: kraɪs.tʃɜːrtʃ, ; Māori: Ōtautahi) is die grootste stad op die Suideiland van Nieu-Seeland en die tweede grootste metropolitaanse gebied in die eilandstaat. Die stad is in 'n vlakte, die Canterbury Plains, net noord van die Banks-skiereiland aan die ooskus van die Suideiland geleë (Banks-skiereiland is intussen in 2006 by die stadsgebied ingelyf).
Die Māorinaam van Christchurch – letterlik "die Plek van Tautahi" – is afgelei van 'n plaaslike stamhoof se tydelike woonplek langs die Avonrivier. Die Engelse naam is in 1848 deur die Canterbury Association aan die nuwe nedersetting gegee. Christchurch is volgens 'n roosterpatroon met kruisstrate rondom die Anglikaanse katedraal aangelê en word ten opsigte van sy argitektuur en atmosfeer nog steeds as die mees Engelse stad in Nieu-Seeland beskou. In 1856 was Christchurch die eerste nedersetting in Nieu-Seeland wat stadstatus gekry het.
Christchurch is vandag 'n groen stad wat ook uitgestrekte sandstrande behels, maar nogtans nie oor sy eie seehawe beskik nie. Hierdie funksie word deur Lyttelton Harbour vervul, 'n diep vulkaniese kraterbekkenhawe aan die Stille Oseaan. Christchurch word van Lyttelton deur die steil Porthills, 'n heuwelreeks waardeur twee tonnels gebou is, geskei.
Christchurch het 'n historiese betekenis gekry toe die Britse navorser Robert Falcon Scott vanuit hierdie stad in 1910 na Antarktika vertrek het – sy laaste ekspedisie wat tragies sou eindig. Later het Christchurch se lughawe as laaste tussenstasie vir Amerikaanse navorsers op pad na hul permanente MacMurdo-basis in Antarktika gedien.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search