Clermont-Ferrand

Clermont-Ferrand

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Région (gewes) Auvergne-Rhône-Alpes
 Département Puy-de-Dôme
 Koördinate 45°46′N 3°40′E / 45.767°N 3.667°O / 45.767; 3.667
 Stigting (Édit d'union) 15 April 1630
 Oppervlakte:  
 - Totaal 42,67 vk km
 Hoogte bo seevlak 321-602 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 142 400
 - Bevolkingsdigtheid 3 337/vk km
 - Metropolitaanse Gebied 460 759
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Serge Godard (PS)
 Amptelike webwerf Clermont-Ferrand

Clermont-Ferrand (Oksitaans: Clarmont-Ferrand) is 'n stad van die Franse gewes (région) Auvergne-Rhône-Alpes en die prefektuur van die département Puy-de-Dôme met 'n bevolking van 142 400 inwoners in 2011.

Clermont-Ferrand is een van die oudste stede in Frankryk en tydens die Middeleeue ook een van die grootstes en belangrikstes. Dit staan veral bekend as die gasheerstad van die beroemde konsilie, waartydens Pous Urbanus II die Europese Christene in 1095 tot die Eerste Kruistog opgeroep het. Die huidige stad is op 15 April 1630 deur die samesmelting van die voormalige stede Clermont en Ferrand gestig.

Clermont-Ferrand is 'n belangrike nywerheidsentrum en lê in die Limagne-vlakte van die Sentraalmassief. Dit word deur 'n reeks van vulkaniese bergspitse omring, waaronder die bekende Puy-de-Dôme sowat 15 kilometer suid van Clermont-Ferrand.

Die kenmerkende swart voorkoms van baie historiese geboue in Clermont-Ferrand is te danke aan die nègre-noir, die tipiese vulkaniese basaltsteen van die omgewing. Die maatskappy Michelin, 'n internasionaal bekende Franse vervaardiger van onder meer buitebande, het met die oprigting van sy fabrieke en tuinstede met werkerskwartiere 'n groot rol by die stadsbeplanning van Clermont-Ferrand gespeel. Die stad beskik oor twee universiteite en ses tersiêre instellings vir ingenieurs- en bestuurswetenskappe met altesaam 31 000 studente.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search