Clovis I

Clovis I
Koning van die Franke
Munt met Clovis se gesig (nie eietyds nie).
Bewind 481511
Ander titels Koning van die Ripuariese Franke
Gebore c. 466
Gesterf 27 November 511
Voorganger Childeric I
Opvolger Reims:
Theuderik I
Parys:
Childebert I
Orléans:
Chlodomer
Soissons:
Chlotarius I
Vader Childeric I
Moeder Basena van Thüringen

Clovis I (c. 466 – 27 November 511) was die eerste koning van die Franke wat al die Frankiese stamme onder een heerser verenig het. Hy het sy vader, Childeric I, in 481 opgevolg[1] as koning van die Saliese Franke, een van die Frankiese stamme wat in daardie stadium in die omgewing van die Benede-Rynrivier gewoon het. Dit het Doornik en Kameryk as middelpunt gehad en was geleë aan die moderne grens tussen Frankryk en België, in 'n gebied wat as Toxandria bekendgestaan het. Clovis het die naburige Frankiese stamme verower en hom tot met sy dood as alleenheerser gevestig.

Onder aanmoediging van sy vrou, die Boergondiër Clotilda, 'n Katoliek, het hy hom tot Rooms-Katolisisme bekeer teenoor Arianisme, wat algemeen onder die Germane beoefen is. Hy is in die Katedraal van Reims gedoop, soos wat die geval met die meeste Franse konings sou wees. Die daad was van groot belang vir die geskiedenis van Frankryk en Wes-Europa in die algemeen, aangesien Clovis sy heerskappy oor die grootste deel van die ou Romeinse provinsie Gallië (rofweg moderne Frankryk) uitgebrei het. Hy word beskou as die stigter van beide Frankryk (wat sterk ooreenkom met sy staat teen sy afsterwe) en die Merowingiese Ryk, wat die volgende twee eeue oor die Franke geheers het.

  1. Die datum word bepaal deur terug te tel van die Slag van of Tolbiac, wat Gregorius van Tours in die vyftiende jaar van Clovis se bewind plaas.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search