Colonia Tovar

Colonia Tovar

Kaart Vlag
Wapen
 Land Vlag van Venezuela Venezuela
 Deelstaat Aragua
 Koördinate 10°25′N 67°17′W / 10.417°N 67.283°W / 10.417; -67.283
 Gestig op 8 April 1843
 Oppervlakte:  
 - Totaal 250 vk km
 Hoogte bo seevlak 2 200 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2001) 14 309
 - Bevolkingsdigtheid 57/vk km
 Tydsone UTC -4:30
 Burgemeester Alfredo Durr (PSUV)
  Amptelike Webwerf coloniatovar.net

Colonia Tovar is 'n dorp met 14 300 inwoners, sowat 70 kilometer wes van die Venezolaanse hoofstad Caracas in die deelstaat Aragua.

'n Groot persentasie van die dorpsbevolking is nasate van Duitse immigrante uit die Kaiserstuhl-gebied wat hier in 'n subtropiese omgewing 'n idilliese kolonie met vakwerkhuise en Duitse kulinêre tradisies - met onder meer Duitse bier en Swartwoudkoek - gestig het. Ook koekoekklokke, die bekendste soort Swartwoudklokke, word hier nog steeds vervaardig. Die dorp het danksy sy florerende toerisme- en landboubedryf die hoogste per capita-inkomste in Venezuela.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search