Cyrillus en Methodius

Sinte Cyrillus en Methodius

Gebore 826 of 827 en 815
Oorlede 14 Februarie 869 en 6 April 885, Rome en Morawië
Geëer in Oosters-Ortodokse Kerk
Rooms-Katolieke Kerk
Anglikaanse Gemeenskap
Lutherse Kerk
Feesdag 11 Mei (Juliaanse kalender)
24 Mei (Gregoriaanse kalender)
Kenmerke Broers saam uitgebeeld; Oosterse biskoppe

Sinte Cyrillus en Methodius (826/827-869, 815-885; Grieks: Κύριλλος καὶ Μεθόδιος; Ou Kerkslawies: Кѷриллъ и Меѳодїи) was twee broers wat Bisantynse Christelike teoloë en sendelinge was. Deur hul werk het hulle die kulturele ontwikkeling van alle Slawiërs beïnvloed, en daarvoor het hulle die titel "Apostels van die Slawiërs" gekry. Hulle het volgens oorlewering die Glagolitiese alfabet ontwerp, die eerste alfabet waarin Ou Kerkslawies geskryf is.[1]

Ná hul dood het hul studente hul sendingwerk onder die Slawiërs voortgesit. Albei word in die Oosters-Ortodokse Kerk as heiliges vereer met die titel "gelykes van die apostels". In 1880 het Pous Leo XIII hul feesdag in die Rooms-Katolieke Kerk ingestel.

  1. Liturgy of the Hours, Vol. III, 14 Februarie.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search