Dalton se wet

In chemie en fisika stel Dalton se wet (ook bekend as Dalton se wet van parsiële druk) dat die totale druk van 'n mengsel van nie-reagerende gasse gelyk is aan die som van die parsiële druk van die individuele gasse.[1] Hierdie empiriese wet is in 1801 deur John Dalton waargeneem en in 1802 gepubliseer.[2] Die wet is verwant aan die ideale gaswette.

Dalton en Raoult se wet vir vloeistof-damp sisteme in ewewig.

Die druk van 'n mengsel van nie-reagerende gasse kan soos volg gedefinieer word:

        of        

waar p1, p2, …, pn die parsiële druk van elke komponent verteenwoordig.

        en        

waar yi die molfraksie is van komponent i in die totale mengsel van n komponente.

As komponent A in beide damp- en vloeistofvorm in 'n mengsel by temperatuur T bestaan, sal die parsiële druk van komponent A gelyk wees aan die dampdruk van komponent A by temperatuur T.

        en        

Enige verandering in mengseltemperatuur sal veroorsaak dat verander.

Waar:

  • = Totale druk van die gasmengsel (absolute druk)
  • = Parsiële druk van komponent i (absolute druk)
  • = Molfraksie van komponent i in die gasmengsel
  • = Dampdruk van komponent i by die mengsel se temperatuur en sy komponent se parsiële druk
  • = Hoeveelheid mol van komponent i in die gasmengsel
  • = Totale hoeveelheid mol gas in gasmengsel
  • = Volume van komponent i in die gasmengsel
  • = Totale volume van gasmengsel

Om die eienskappe van die gasmengsel te bepaal, kan elke gas afsonderlik beskou word by die gas se parsiële druk en die mengsel se temperatuur. Om dit te illustreer kan die volgende voorbeeld gebruik word.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Silberberg
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Dalton

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search