Dambulla-grottempel

Dambulla-grottempel
Sittende Boeddhabeeld by die grottempel.
Sittende Boeddhabeeld by die grottempel.
Plaaslike naam  Singalees: දඹුලු ලෙන් විහාරය
Tamil: தம்புள்ளை பொற்கோவில்
Land Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, vi
Verwysing 561 , 1991
Streek† Asië en Stille Oseaan
Beskrywing* Goue Tempel van Dambulla
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Dambulla-grottempel (Singalees: දඹුලු ලෙන් විහාරය, Dam̆būlū Len Vihāraya; Tamil: தம்புள்ளை பொற்கோவில், Tampuḷḷai Poṟkōvil), ook bekend as die Goue Tempel van Dambulla, is ’n wêrelderfenisgebied (vanaf 1991) in die sentrale deel van Sri Lanka. Dit is sowat 148 km oos van Colombo en 72 km noord van Kandy. Dit is die grootste en bes bewaarde grottempelkompleks in die land. Die rotse troon 160 m bo die omringende vlaktes uit.

Meer as 80 bekende grotte kom in die omringende gebied voor. Die grootste besienswaardighede is oor vyf grotte versprei wat standbeelde en skilderye bevat van Gautama Boeddha en sy lewe. Daar is altesaam 153 Boeddhabeelde, drie standbeelde van konings van Sri Lanka en vier van gode en godinne soos Wisjnoe en die Ganesja. Die muurskilderye beslaan sowat 2 100 m2. Van die uitbeeldings is die verleiding deur die demoon Mara en die Boeddha se eerste diens.

Prehistoriese mense het in die grotte gewoon voor die koms van Boeddhisme in Sri Lanka, want daar is grafte met menslike geraamtes in die gebied wat sowat 2 700 jaar oud is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search