David Livingstone

David Livingstone
Gebore19 Maart 1813
Blantyre, South Lanarkshire, Skotland
Sterf1 Mei 1873
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Bekend virVerkenning van Afrika

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

David Livingstone was 'n ontdekkingsreisiger en sendeling in Afrika.

Hy is in 1813 in Blantyre, Skotland, gebore. Die gelyknamige stad in Malawi is na sy geboortedorp genoem. Nadat hy hom in medisyne bekwaam het, sluit hy by die Londense Sendinggenootskap aan en kom in 1840 na Suid-Afrika. Hy onderneem sy eerste verkenningsreis in 1849 na die Ngamimeer, vergesel van Mungo Murray en William Cotton Oswell. Ná 'n reis deur die Kalahariwoestyn, bereik hulle die meer op 1 Augustus 1849.

Op Kuruman raak hy in 'n geskil tussen Boere en inheemse stamme betrokke, en reis verder na die bolope van die Zambezi. Hy was in 1855 die eerste Europeër wat die Victoria-waterval gesien het ná 'n trek van twee en 'n half jaar. In later jare bring hy die meeste van sy loopbaan in Sentraal-Afrika deur.

In 1858 was hy die Britse konsul in Quelimane in die huidige Mosambiek. Hy was in bevel van 'n geselskap wat die eerste Europeërs was wat die Njassa-meer bereik het. In 1872 het Henry M. Stanley, wat gestuur is om nuus oor Livingstone te bring, hom gevind, maar Livingstone het geweier om terug te keer. Hy sterf tydens 'n volgende ekspedisie in die huidige Zambië, op 1 Mei 1873. Die stad Livingstone in die suide van die destydse Noord-Rhodesië is ook na hom genoem en ondanks 'n poging om die naam te verander, heet dit steeds na hom.

Die nodige geld vir sy studie het hy in 'n fabriek verdien, en van 1836-38 bestudeer hy die teologie en die geneeskunde aan die Universiteit van Glasgow. In 1838 doen hy by die Londense Sendinggenootskap aansoek om as sendeling oorsee gestuur te word, en die genootskap besluit om hom na ʼn sendingstasie in Suid-Afrika te stuur sodra hy sy studie voltooi het. Sy jarelange werk word uiteindelik met sukses bekroon. Toe hy in November 1840 as sendeling bevestig is, was hy reeds 'n gekwalifiseerde dokter en gereed vir sy groot taak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search