Dean Martin

Dean Martin
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Martin in 1960.

Geboortenaam Dino Paul Crocetti
Geboorte (1917-06-07)7 Junie 1917
Sterfte 25 Desember 1995 (op 78)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur, sanger, komediant
Aktiewe jare 1940–1990
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Dean Martin (gebore as Dino Paul Crocetti; 7 Junie 1917 – 25 Desember 1995) was ’n Amerikaanse akteur, sanger en komediant. Hy was een van die gewildste Amerikaanse vermaakkunstenaars van die middel 20ste eeu en is die "King of Cool" genoem vanweë sy oënskynlik gemaklike sjarme en selfversekerdheid.[1][2] Hy en Jerry Lewis was vennote in die uiters gewilde komediespan "Martin en Lewis". Hy was lid van die "Rat Pack" en ’n ster van die verhoog, musiek, silwerdoek en televisie. Hy was ook die aanbieder van die bekroonde TV-variëteitsprogram The Dean Martin Show (1965–1974) en The Dean Martin Celebrity Roast (1974–1985).

Wat musiek betref, het Martin as sniksanger talle enkeltreffers gehad soos "Memories Are Made of This", "That's Amore", "Everybody Loves Somebody", "You're Nobody till Somebody Loves You", "Sway", "Volare" en "Ain't That a Kick in the Head?".

  1. mike says: (23 Julie 2009). "Dean Martin's Diva Daughter: Elvis Called My Dad 'The King of Cool'". Blog.blogtalkradio.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2012. Besoek op 4 November 2012.{{cite web}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)
  2. "Dean Martin 'just a golfer' to his kids", thestar.com

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search