Deeltjie

'n Deeltjie is 'n klein fragment of hoeveelheid van materie.[1] In die fisiese wetenskappe, is 'n deeltjie 'n klein gelokaliseerde voorwerp wat verskeie fisiese of chemiese eienskappe soos volume of massa toegeskryf kan word.[2] Hulle wissel baie in grootte, van subatomiese deeltjies soos die elektron, tot mikroskopiese deeltjies soos atome en molekules, tot makroskopiese deeltjies soos poeiers en ook ander korrel materiaal. Deeltjies kan ook gebruik word om wetenskaplike modelle van selfs groter voorwerpe te skep, soos die beweging van mense in 'n skare.

Die term is nogal algemeen in sy betekenis, en word verfyn soos nodig deur verskeie wetenskaplike velde. Iets wat saamgestel is uit partikels kan verwys word na as partikulaat.[3] Maar die term partikulaat word meestal gebruik om te verwys na die besoedeling in die Aarde se atmosfeer, wat 'n ophanging ('suspension?') van onverbinde deeltjies is, eerder as 'n verbinde deeltjie samevoeging ('connected particle aggregation').

  1. "Particle".
  2. "Particle". AMS Glossary (in Engels). American Meteorological Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 12 April 2015.
  3. Soil Mechanics. John Wiley & Sons. 1969. p. 18. ISBN 978-0-471-51192-2. The word 'particulate' means 'of or pertaining to a system of particles'.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search