Dendermonde

Dendermonde

Termonde
Munisipaliteit
Grote Mark met stadhuis en gereg
Grote Mark met stadhuis en gereg
Vlag van Dendermonde
Vlag
Wapen van Dendermonde
Wapen
Ligging van Dendermonde in die provinsie Oos-Vlaandere
Ligging van Dendermonde in die provinsie Oos-Vlaandere
Koördinate: 51°02′00″N 4°06′00″O / 51.03333°N 4.10000°O / 51.03333; 4.10000
LandVlag van België België
Gewes (deelstaat) Vlaandere
Provinsie Oos-Vlaandere
Regering
 • BurgemeesterLeen Dierick (CD&V/N-VA)
Oppervlak
 • Totaal55,67 km2 (21,49 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal44 257
 • Digtheid795/km2 (2 060/vk. myl)
Poskode
9200
Skakelkodes052
Webwerfwww.dendermonde.be

Dendermonde (Frans: Termonde) is 'n Belgiese stad in die ooste van die Vlaamse provinsie Oos-Vlaandere en het 'n oppervlakte van 56 km² en 44 257 inwoners (2011). Plekke in die munisipale gebied van Dendermonde is Dendermonde (stad), Grembergen, Baasrode, Sint-Gillis-Dendermonde, Appels, Schoonaarde, Oudegem en Mespelare. Dendermonde grens aan die munisipaliteite Wichelen, Berlare, Zele, Hamme, Buggenhout, Lebbeke en Aalst. Dendermonde vervul 'n aantal ekonomiese en kulturele funksies op regionale vlak. Die stad het 'n hospitaal en enkele skole. Elke Maandag kom besoekers vir hulle weeklikse inkopies na die mark.

Die stad beskik oor 'n spoorwegstasie wat verbindings na Asse, Brussel, Buggenhout, Mechelen, Zele, Lokeren en Gent bied. Die eerste spoor vir stoomaangedrewe lokomotiewe was 'n lyn wat Dendermonde met Mechelen verbind het en wat in die 19e eeu in gebruik geneem is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search