Diana, Prinses van Wallis

Diana
Prinses van Wallis, Hertogin van Rothesay
Diana, Prinses van Wallis in 1997
Diana, Prinses van Wallis in 1997
Volle naam Diana Frances Spencer
Eggenoot Charles, Prins van Wallis
Kinders William en Harry
Titels Diana, Prinses van Wallis
HKH die Prinses van Wallis
Lady Diana Spencer
Huis Windsor
Vader John Spencer, 8ste graaf Spencer
Moeder Frances Burke Roche
Gebore 1 Julie 1961; Park House, Sandringham, Norfolk
Oorlede 31 Augustus 1997 (op 36); Pitié-Salpêtrière Hospitaal, Parys, Frankryk
Handtekening
Diana se koninklike Monogram

Diana, Prinses van Wallis (Diana Frances Mountbatten-Windsor,[1] gebore Spencer; 1 Julie 196131 Augustus 1997) was die eerste vrou van Sy Koninklike Majesteit, koning Charles III. Twee seuns is uit die koninklike huwelik gebore, nl. William en Harry.[2] Sedert haar huwelik in 1981 tot en met haar egskeiding in 1996 het sy as Haar Koninklike Hoogheid die Prinses van Wallis bekend gestaan. Sy was algemeen in die media as prinses Diana bekend, ten spyte daarvan dat sy geen aanspraak op dié titel gehad het nie, synde dit net vir 'n prinses deur geboortereg gereserveer is.

Sy was beroemd vir haar inspirerende liefdadigheidswerk, maar ook vir die skandale wat haar huwelik geteister het. Haar bittere aantuigings van ontrouheid en wreedheid teenoor haar man het in die 1990's baie media-aandag geniet. Baie biografieë, tydskrifartikels en TV-dramas het gevolg.

Sedert haar verlowing aan die destydse prins Charles in 1981 tot met haar dood in 'n motorongeluk in 1997, was prinses Diana waarskynlik die beroemdste vrou ter wêreld. Sy was 'n mode-ikoon, 'n ideale voorbeeld van vroulike skoonheid, bewonder en nageboots vir haar hoëprofielbetrokkenheid by vigs-aangeleenthede. In die laaste jaar voor haar dood was sy ook baie betrokke by die Internasionale beweging teen landmyne, 'n poging wat tot 'n Nobelprys vir Vrede in 1997, na haar dood gelei het.[3]

Gedurende haar leeftyd is daar gereeld na haar as die mees gefotografeerde persoon ter wêreld verwys. Vir haar bewonderaars was Diana 'n rolmodel en na haar dood was daar selfs voorstelle om haar tot sint Diana te verhef. Ander verwys egter na haar lewe as 'n waarskuwing dat 'n obsessie met roem en publisiteit 'n mens uiteindelik kan vernietig.

  1. As 'n koninklike het Diana geen van gehad nie, maar, indien een gebruik was, was dit Mountbatten-Windsor
  2. Prins Harry se amptelike webruimte Geargiveer 19 April 2011 op Wayback Machine, Princeofwales.gov.uk, 11 Februarie 2010, URL besoek op 3 Junie 2010
  3. "CNN – The 1997 Nobel Prizes" (in Engels). CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 12 Maart 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search