Divisionisme

Charles Blanc se kleurwiel wat 'n groot invloed op Divisionisme gehad het

Divisionisme (ook genoem chromoluminarisme) was die kenmerkende styl van Neo-Impressionistiese skilderkuns, gedefinieer deur die verdeling van kleure in individuele spikkels of blokkies wat opties op mekaar ingewerk het.[1][2]

Deur van die kyker te vereis om die kleure opties te kombineer in plaas daarvan om die pigmente fisies te meng, het die Divisioniste geglo dat hulle die maksimum liggewendheid (luminositeit) wetenskaplik moontlik sou verkry. Georges Seurat het die styl rondom1884 as chromoluminarisme ontwikkel, gebaseer op sy begrip van die wetenskaplike teorieë van onder andere Michel Eugène Chevreul, Ogden Rood en Charles Blanc. Divisionisme en Pointillisme, 'n ander styl, het terselfdertyd ontwikkel. Laasgenoemde is spesifiek deur die gebruik van kolletjies verf gekenmerk en fokus nie noodwendig op die skeiding van kleure nie.[1][3]

  1. 1,0 1,1 Tosini, Aurora Scotti, "Divisionism", Grove Art Online, Oxford Art Online.
  2. Homer, William I. Seurat and the Science of Painting.
  3. Ratliff, Floyd.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search