Djebel Barkal

Djebel Barkal
Djebel Barkal is ’n klein berg van 98 m hoog.
Djebel Barkal is ’n klein berg van 98 m hoog.
Koördinate 18°32′12″N 31°49′42″O / 18.53667°N 31.82833°O / 18.53667; 31.82833
Plaaslike naam  جبل بركل
Land Vlag van Soedan Soedan
Soort Heiligdom
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii, iv, vi
Verwysing 1073
Streek† Arabiese State
Beskrywing* Gebel Barkal and the Sites of the Napatan Region
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Djebel Barkal (Arabies: جبل بركل) is ’n klein berg by die dorp Karima sowat 400 km noord van Khartoem, Soedan. Dit staan by ’n groot draai in die Nylrivier in ’n streek met die naam Nubië. Dit word ook Jebel of Gebel Barkal gespel.

Die berg is 98 m hoog, is plat bo en is oënskynlik as ’n landmerk gebruik deur handelaars op die belangrike roete tussen Sentraal-Afrika, Arabië en Egipte omdat die rivier daar maklik was om oor te steek. Die berg en die historiese stad Napata aan sy voet is in 2003 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search