Dmitri Donskoi

Dmitri Donskoi
Grootprins van Moskou

Periode 1359-1389
Voorganger Iwan II van Moskou
Opvolger Wasili I van Moskou
Huis Rjoerik
Vader Iwan II van Moskou
Moeder Alexandra Ivanovna Velyaminova
Gebore 12 Oktober 1350
Oorlede 19 Mei 1389
Eggenote Eudoxia Dmitriyevna

Sint Dmitri Iwanowitsj Donskoi (Russies: Дми́трий Донско́й) of Dimitri van die Don (12 Oktober 1350, Moskou - 19 Mei 1389, Moskou), seun van Iwan II Krasni, het van 1359 as grootprins van Moskou regeer en van 1363 as die grootprins van Wladimir tot met sy dood. Hy was die eerste grootprins van Moskou wat die Tartaarse oorheersing openlik uitgedaag het. Sy bynaam Donskoi (van die Donrivier) verwys na sy groot oorwinning teen die Tartare in die Slag van Koelikowo in 1380 wat aan die Don plaasgevind het.[1]

  1. Asimov, Isaac. Asimov's Chronology of the World. New York: HarperCollins, 1989; bl. 186.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search