Donau

Donau
Die Ysterpoort op die Serwies-Roemeense grens.
Die Ysterpoort op die Serwies-Roemeense grens.
Die Ysterpoort op die Serwies-Roemeense grens.

Die stroomgebied van die Donau.

Oorsprong Samevloeiing van Breg- en Brigach, Donaueschingen, Swartwoud, Duitsland
Monding Donau-delta, Roemenië
Swartsee
Stroomgebied Duitsland, Oostenryk, Slowakye, Hongarye, Kroasië, Serwië, Bulgarye, Moldowa, Oekraïne, Roemenië
Lengte 2 860 km (1 777 myl)
Oorspronghoogte 686 m (2 251 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 6 500 m³/s (229 545 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 817 000 km² (315 445 myl²)
Kaart van die Donau-bekken in Europa.
Kaart van die Donau-bekken in Europa.

Die Donau (Afrikaans soms ook Donou; Duits: Donau; Hongaars: Duna; Tsjeggies: Dunaj; Kroaties, Serwies en Bulgaars: Dunav; Roemeens: Dunărea) is die tweede langste rivier in Europa ná die Wolga in Rusland.

Skyfbroek wat 'n riviergod (dalk Danuvius) uitbeeld, 150–250 n.C. (Romeinse Museum Wene)

Die rivier het van oudsher groot ekonomiese betekenis – as die belangrikste waterweg tussen Sentraal- en Suidoos-Europa, as die Swartsee se hoofwatertoevoer en as die lewensaar van die voormalige Oostenryks-Hongaarse Donaumonargie. Gedurende die 18de eeu het duisende sogenaamde Donauschwaben, emigrante uit Swabiessprekende streke, op sogenaamde Ulmer Schachteln, eenvoudige vlotte, rivieraf gevaar na hul nuwe tuistes in die suide van Hongarye en die Serwiese Vojvodina.

Vir 2 580 kilometer van sy rivierloop van altesaam 2 858 kilometer is die Donau vir skepe bevaarbaar: vanaf Ulm vir klein, vanaf Regensburg vir groter vragbote en in sy benedeloop tot by Brăila vir seeskepe. Sedert 1856 vorm die rivier tot by Brăila en sedert 1921 vanaf Ulm 'n internasionale waterweg onder beheer van die Europese Donaukommissie.

Die rivier groei stroomaf in breedte tot 70 meter naby Ulm, Duitsland, 200 meter in Passau, Duitsland, 300 meter in Wene, Oostenryk, 560 meter in Boedapest, Hongarye, en 900 meter in Galaţi, Roemenië. Die Donau se stroomgebied beslaan sowat 817 000 km². Deur kanale word dit met ander belangrike riviere soos Ryn en Main verbind.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search