Donderstorm

'n Donderstorm

'n Donderstorm of donderweer, is 'n vorm van onweer of swaarweer, wat met weerlig en donderweer gepaard gaan. Donderstorms vind plaas in die nabyheid van cumulonimbus wolke, wat dan ook donderwolke genoem word. Daar is gewoonlik sterk wind en swaar reën of hael of sneeu teenwoordig, maar in sommige gevalle is neerslag heeltemal afwesig. Donderstorms wat na skielike swaar reënval toe lei, word wolkbreuke genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search