Dordrecht, Nederland

Dordrecht

Dordt
Munisipaliteit
Dordtse gewels in die Hoofstraat
Dordtse gewels in die Hoofstraat
Vlag van Dordrecht
Vlag
Wapen van Dordrecht
Wapen
Ligging van Dordrecht in Zuid-Holland-provinsie
Ligging van Dordrecht in Zuid-Holland-provinsie
Kaart van Dordrecht-munisipaliteit
Kaart van Dordrecht-munisipaliteit
Koördinate: 51°48′N 4°40′O / 51.800°N 4.667°O / 51.800; 4.667
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Zuid-Holland
Regering
 • BurgemeesterWouter Kolff (VVD)
Oppervlak
 • Totaal99,47 km2 (38,41 vk. myl)
 • Land78,54 km2 (30,32 vk. myl)
 • Water20,93 km2 (8,08 vk. myl)
Hoogte
−1 m (−3 ft)
Bevolking
 • Totaal119 513
 • Digtheid1 522/km2 (3 940/vk. myl)
 1 Januarie 2022
TydsoneUTC+1 (IST)
 • SomertydUTC+2 (IDT)
Poskode
3311–3329
Skakelkodes078
Bestuurlike sentrumDordrecht
Webwerfcms.dordrecht.nl
Die stadsaal
Die Grote Kerk
Die spoorbrug oor die Ou Maas
Die Moerdijkbrûe
Die Dordtse Biesbosch

Dordrecht is 'n stad in Nederland met sowat 120 000 inwoners (2022) en 'n oppervlakte van sowat 99 km². Die stad - die inwoners noem hul stad meestal Dordt - is geleë in die uiterste suide van die provinsie Zuid-Holland en vorm ook die suidpunt van die Randstad. Dordrecht is met sy inwoners die vyfde grootste munisipaliteit van die provinsie en is deel van die metropolitaanse agglomerasie Drechtsteden.

Die stad lê op die plek waar die Beneden-Merwede-rivier in die Noord en die Ou Maas verdeel. Die munisipaliteit sluit die hele Eiland van Dordrecht in; die Moerdijkbrûe oor die Hollandsch Diep vorm die verbinding met die provinsie Noord-Brabant.

Dordrecht beskik oor sewe museums, vier polisiestasies, twee brandweerkasernes, twee hospitale en 'n gevangenis (Gevangenis Dordrecht). 'n Klein deel van die nasionale park Die Biesbosch lê in die Dordrecht-munisipaliteit.

In hierdie munisipaliteit word Dordts gepraat, wat is 'n Zuid-Hollandse dialek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search