Dorothy Crowfoot Hodgkin

Dorothy Crowfoot Hodgkin
Geboortenaam Dorothy Mary Crowfoot
Gebore 12 Mei 1910
Kaïro, Egipte
Oorlede 29 Julie 1994 (op 84)
Ilmington, Warwickshire, Engeland
Blyplek Engeland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vakgebied Biochemie, X-straal-kristallografie
Alma mater Universiteit van Oxford
Doktorale promotor(s) John Desmond Bernal
Doktorale student(e) Judith Howard
Tom Blundell
Ander bekende student(e) Margaret Thatcher
Bekend vir Ontwikkeling van Eiwitkristallografie
bepaling van die struktuur van insulien
Toekennings Koninklike medalje (1956)
Nobelprys vir Chemie (1964)
Copley se medalje (1976)
Lomonosof goue-medalje (1982)

Dorothy Mary Crowfoot Hodgkin, OM, FRS (12 Mei 191029 Julie 1994) was 'n Britse grondlegger van proteïenkristallografie. Sy het pionierswerk gedoen betreffende die X-straalkristallografietegniek, 'n metode wat gebruik word om die driedimensionele struktuur van biologiese molekules te bepaal. Onder haar mees invloedryke ontdekkings is die bepaling van die struktuur van penisillien, insulien, en vitamien B12 waarvoor sy in 1964 die Nobelprys vir Chemie gewen het.[1] In 1969, na 35 jaar se werk, was Hodgkin in staat om die struktuur van insulien te bepaal. Sy word beskou as een van die voorste wetenskaplikes op die gebied van X-straalkristallografiestudie van natuurlike molekules. Benewens haar ongelooflike wetenskaplike vermoëns was sy beskeie, spraaksaam, en geesdriftig oor maatskaplike ongelykhede en vrede.

  1. (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1964". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2018. Besoek op 8 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search