Du gamla, Du fria

'n Instrumentale versie van Du gamla, Du fria.

Du gamla, Du fria (Sweeds: Jy oue, Jy vrye) is die de facto nasionale volkslied van Swede. Die twee eerste verse is in 1844 deur Richard Dybeck geskryf op 'n ou Sweedse volksmelodie. 'n Nuwe versie van die liedjie is in 1910 gepubliseer, met 'n totaal van vier verse waarvan die twee laaste deur Louise Ahlén geskryf is. By die meeste geleenthede is net die twee oorspronklike verse gesing.

Die oorspronklike titel van die liedjie is Sång till Norden (Liedjie aan die Noorde).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search