Dublin

Dublin
Baile Átha Cliath

Kaart Wapen
Vlag
 Land Flag of Ireland Ierland
 Provinsie Leinster
 Koördinate 53°21′N 6°16′W / 53.350°N 6.267°W / 53.350; -6.267
 Stigting 842
 Stadstatus 1172
 Oppervlak:  
 - Totaal 114,99 vk km
 Hoogte bo seevlak 20 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2016) 553 165[1]
 - Bevolkingsdigtheid 4 811/vk km
 - City of Dublin met voorstede 1 173 179
 - Groter Dublin 1 904 806
 Tydsone UTC +0 (WET)
 - Somertyd UTC +1 (IST)
 Burgemeester (Lord Mayor) Hazel Chu (Green Party)
 Amptelike Webwerf dublincity.ie

Dublin (Iers: Baile Átha Cliath [blʲaːˈklʲiəh]) is die hoofstad en grootste stad van die Republiek Ierland (Éire), geleë naby die middel van Ierland se oostelike kus, by die mond van die Liffeyrivier in die Ierse See en in die middel van die provinsie Leinster. Die stad was sedert die Middeleeue altyd die hoofstad van die Lordskap en die Koninkryk van Ierland. Tans is sowat 'n derde van die Ierse bevolking in Groter Dublin saamgetrek.

Dublin se geskiedenis strek terug tot in die vroeë 9de eeu toe Wikings een van hul grootste nedersettings buite Skandinawië in die huidige stadsgebied gevestig het.[2] In die volgende eeue is die stad verskeie kere deur oorloë en ander gewapende konflikte geteister. In die 20ste eeu het Dublin tot 'n moderne hoofstad met 'n ryk kulturele lewe gegroei wat jaarliks deur miljoene toeriste besoek word.

  1. (en) Central Statistics Office: Census of Population 2016 – Chapter 2: Geographical distribution. Besoek op 4 Junie 2017
  2. (en) Tim Perry (hoofbydraer): DK Eyewitness Travel – Dublin. Londen: Doring Kindersley 2012, bl. 13

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search