Duitse nasionale krieketspan

Duitsland
Kenteken van die Duitse nasionale krieketspan
KonferensieDuitse Krieketbond (DCB)
Personeel
KapteinVenkatraman Ganesan
AfrigterVlag van Pakistan Atiq-uz-Zaman
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1991)
IKR-streekEKR (Europa)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
T20I35ste30ste (26 Junie 2019)
Internasionale krieket
Eerste internasionale26 Mei 1989 t Vlag van Denemarke Denemarke in Kolding, Denemarke
(as Wes-Duitsland)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van België België op Koninklike Brusselse Krieketklub, Waterloo; 11 Mei 2019
Laaste T20It Vlag van Guernsey Guernsey op Sportpark Het Schootsveld, Deventer; 15 Augustus 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]5433/21 (61,11%)
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[3]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings0/9
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
2 (eerste in 2022)
Beste uitslag5de plek (in 2023)
T20I-klere

Die Duitse nasionale krieketspan (Duits: Deutsche Cricket-Nationalmannschaft) is die nasionale krieketspan wat Duitsland in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur die Duitse Krieketbond (DCB, van Duits: Deutscher Cricket Bund) en het in 1991 ’n geaffilieerde en in 1999 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword.[4][5] Die nasionale span het sy internasionale verskyning in 1989 as Wes-Duitsland teen Denemarke gemaak.[6] Sedertdien het hulle gereeld aan Europese Krieketkampioenskapstoernooie deelgeneem en ook twee keer aan die Wêreldkrieketliga se laer afdelings.[7] In 2001 het Duitsland vir die eerste en enigste keer ook aan die IKR-trofee deelgeneem (nou die Krieketwêreldbekerkwalifisering).[8] In 2022 het hulle vir die eerste keer aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering deelgeneem.[9]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Duitsland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[10] Duitsland is tans (April 2024) 35ste op die Twintig20-wêreldranglys.[11]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "Germany". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2021. Besoek op 21 Oktober 2021.
  5. (en) Jenny Hill (7 Junie 2016). "Cricket-loving Asian migrants take game to Germany". BBC. Besoek op 17 April 2024.
  6. (en) "Other matches played by West Germany". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2019. Besoek op 2 Junie 2019.
  7. (en) "Other matches played by Germany". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2019. Besoek op 2 Junie 2019.
  8. (en) "ICC Trophy matches played by Germany". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2021. Besoek op 25 Januarie 2021.
  9. (en) "ICC Men's T20 World Cup Qualifier A: Eight teams to battle out for two spots in Muscat from 18–24 February". Internasionale Krieketraad. Besoek op 17 April 2024.
  10. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 17 April 2024.
  11. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 23 Maart 2024. Besoek op 17 April 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search