Ebro

Ebro
Die Ebro in Zaragoza, Spanje.
Die Ebro in Zaragoza, Spanje.
Die Ebro in Zaragoza, Spanje.

Die stroomgebied van die Ebro.

Oorsprong Pico Tres Mares, Sierra de Híjar, Kantabrië, Spanje
Monding Tarragona, Katalonië, Spanje
Baleariese See (Middellandse See)
Stroomgebied Spanje
Lengte 930 km (580 myl)
Oorspronghoogte 1 980 m (6 500 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 426 m³/s (15 000 vt/s³)
Stroomgebiedopp. 80 093 km² (30 924 myl²)
Kaart van die Ebro-bekken op die Iberiese Skiereiland.
Kaart van die Ebro-bekken op die Iberiese Skiereiland.

Die Ebro (Baskies en Spaans: [ˈeβɾo]; Katalaans: Ebre, [ˈeβɾə]; Latyn: Iberus of Hiberus) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Spanje. Die rivier, met 'n lengte van 930 km, is die tweede langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag en die tweede grootste volgens afloop en stroomgebied na die Douro.

Die Ebrodelta soos uit die ruimte gesien

Die Ebro ontspring naby Pico Tres Mares in die Sierra de Híjar in die outonome gewes Kantabrië van Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidoostelike rigting en mond by Tarragona in die Baleariese See (Middellandse See) uit. Die Ebro vloei onder ander deur die Spaanse outonome geweste Kantabrië, Kastilië en León, La Rioja, Navarra, Aragón en Katalonië. Die Spaanse stad Miranda de Ebro is na die Ebro genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search