Edgar Adeling

Edgar Adeling
Koning van Engeland

Huis Wessex
Regeer 15 Oktober10 Desember 1066
Voorganger Harold Godwinson
Opvolger Willem die Veroweraar
Gebore c. 1051; Hongarye
Oorlede 1126
Vader Eduard die Banneling
Moeder Agatha

Edgar Adeling (c. 1051–1126) was die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland voor die Normandiese verowering in 1066. Hy is in Oktober 1066 uitgeroep as koning Edgar II, maar is nooit gekroon nie. Ná agt weke moes hy die troon afstaan aan Willem die Veroweraar.

Die benaming Adeling (Engels: Ætheling of Adeling, Angel-Saksies: Æþeling) is deur Angel-Saksiese prinse gebruik wat van koning Ethelred II afgestam het en dus kandidate was vir die troon van Engeland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search