Edward VIII van die Verenigde Koninkryk

Edward VIII
Koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië
Edward as Prins van Wallis in 1919 in Ottawa, Ontario.
Edward as Prins van Wallis in 1919 in Ottawa, Ontario.
Vorstehuis Windsor
Titels SKH die Hertog van Windsor
SM die Koning
SKH die Prins van Wallis
SKH die Hertog van Cornwallis
SKH prins Edward van Wallis
SKH prins Edward van Cornwallis en York
Regeer 20 Januarie 193611 Desember 1936
Voorganger George V
Opvolger George VI
Volle naam Edward Albert Christian George Andrew Patrick David
Gebore 23 Junie 1894; Surrey, Engeland
Oorlede 28 Mei 1972; Parys, Frankryk
Begrawe 5 Junie 1972; Frogmore, Berkshire
Eggenote Wallis Warfield
(ná sy abdikasie)
Vader George V
Moeder Mary van Teck
Handtekening

Edward VIII (Edward Albert Christian George Andrew Patrick David; later die Hertog van Windsor; 23 Junie 1894 – 28 Mei 1972) was koning van die Verenigde Koninkryk en Noord-Ierland en die Britse dominiums asook Keiser van Indië van 20 Januarie 1936, ná die dood van sy pa, George V, tot met sy abdikasie op 11 Desember 1936. Hy was die tweede monarg van die Huis van Windsor nadat sy pa die naam in 1917 verander het van Sakse-Koburg en Gotha.

Voor hy die troon bestyg het, het hy die volgende titels gehad: prins Edward van York, prins Edward van Cornwall en York, die Hertog van Cornwallis, die Hertog van Rothesay en die Prins van Wallis. As jong man het hy in die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen en verskeie oorsese besoeke namens sy pa onderneem. Hy is verbind met ’n reeks ouer, getroude vroue.

Slegs maande nadat hy koning geword het, het Edward ’n grondwetlike krisis veroorsaak toe hy die Amerikaanse geskeide vrou Wallis Simpson om haar hand gevra het. Hoewel hy wetlik met haar kon getrou het en koning gebly het, was die premiers van sy onderskeie ryke gekant teen die huwelik; hulle het gemeen Wallis sou nooit as koningin aanvaar word nie. Edward het geweet die regering van die Britse premier, Stanley Baldwin, sou bedank as hy met die huwelik voortgaan en dit sou die koning betrek het by ’n algemene verkiesing en so sy reputasie as polities neutrale monarg skaad. Hy het verkies om te abdikeer. Hy was die enigste koning van Brittanje en al sy ryke wat vrywillig van die troon afstand gedoen het.

Ná sy abdikasie het hy die titel "prins Edward" teruggeneem. Hy het ook die titel Hertog van Windsor gekry.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search