Eerste Chinees-Japannese Oorlog

Die Eerste Chinees-Japannese Oorlog (25 Julie 1894 – 17 April 1895) was 'n konflik tussen die Qing-dinastie van China en die Japannese Keiserryk, hoofsaaklik oor invloed in Joseon-Korea.[1] Na meer as ses maande van ononderbroke suksesse deur die Japannese land- en vlootmagte en die verlies van die hawe van Weihaiwei, het die Qing-regering in Februarie 1895 vrede bepleit.

Die oorlog het die Qing-dinastie se mislukking getoon om sy weermag te moderniseer en bedreigings vir sy soewereiniteit af te weer, veral in vergelyking met Japan se suksesvolle Meiji-restourasie. Vir die eerste keer het streeksoorheersing in Oos-Asië van China na Japan verskuif;[2] die aansien van die Qing-dinastie, saam met die klassieke tradisie in China, het 'n groot knou gekry. Die vernederende verlies van Korea as 'n skatpligtige het 'n ongekende openbare herrie ontketen. Binne China was die nederlaag 'n katalisator vir 'n reeks politieke omwentelinge gelei deur Sun Yat-sen en Kang Youwei, wat 'n hoogtepunt bereik het in die Xinhai-rewolusie van 1911.

  1. "Japan was at the forefront of hegemonic wars in a quest to extend the Japanese hegemony over Korea to the entire Asia-Pacific region – the Sino–Japanese War of 1894–95 to gain dominance in Korea". The Two Koreas and the Great Powers, Cambridge University Press, 2006, page 2.
  2. Paine 2003, pp. 3.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search