Ekostreek

Die Wêreldnatuurlewefonds definieer 'n ekostreek as 'n groot stuk land of water wat 'n versameling spesies, natuurlike gemeenskappe en ekologiese omstandighede bevat wat geografies verskil.[1]

Daar is ook ander navorsers wat probeer het om die natuur van die wêreld in streke in te deel. Daar is byvoorbeeld die fitogeografiese indeling in floraryke. Die WWF se indeling is egter van die mees grondige. Dit is op wetenskaplike basis opgebou en probeer 'n sintese van plante- en diereverspreidings te wees.[2]

Die WWF onderskei tussen:

  • ekostreke op land
  • ekostreke van soetwater
  • ekostreke van see en oseaan
  1. WWF Ecoregions.
  2. The World's Zoogeographical Regions Confirmed by Cross-Taxon Analyses Şerban Procheş en Syd Ramdhani.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search